Hours of Service
| Mon – Fri | 08h00 – 18h00 |
| Sat – Sun | 08h00 – 15h00 |
| Public Holidays | 08h00 – 13h00 |
Book Appointment
It’s now easier than ever to make an appointment with any of our doctors! Simply click on the button below, choose your doctor, date and time!
Dr Anne-Marie van Zyl
MB ChB (Pret) B.Sc Pharm. Hons. (Potch)
Make Appointment
About Dr Anne-Marie
Ek was die middelste kind van vyf Taillards wat in die Bosveld groot geword het. Sorgvrye kinderjare op Marble Hall (Laerskool) en Groblersdal (Hoerskool Ben Viljoen).
Na skool is ek en twee van my susters deur die mediese skool van die UP (huis Erika); Drs. Louise en Thea Taillard – hulle is beide praktiserende dokters in die Wes-Kaap.
Ek is getroud met Jacob van Zyl, Kliniese Sielkundige in privaat-praktyk in Nelspruit. Toe hy sy Meesters-graad in Sielkunde gaan doen het in Potchefstroom, het ek by Kalie de Haas-hospitaal gewerk en die kans gebruik om die BSc.(Hons) in Farmakologie na-ure aan die PUK te doen. Dit het my nog altyd goeie insig in medikasie gegee en ek is steeds bly dat ek dit kon doen.
Ons het 3 kinders, Elsje (‘n prokureur), Jacques (‘n sitrus boer) en Taillard – ‘n vyfde jaar mediese student op UP.
Ons het as gesin die avontuur gehad om vir 3 jaar (2003-2006) in Kanada te woon, waar ek op ‘n klein prairie-dorpie in Saskatchewan praktiseer het.
Dit was ‘n wonderlike voorreg en ondervinding waartydens ek baie as mens en as dokter gegroei het. My besondere belangstelling is maar die holistiese versorging van elke pasient wat voor my sit. Ek glo voorkoming is beter as genesing en gee daarom aandag aan alle faktore wat gesondheid impakteer en raak.
Ek dink ‘n goeie algemene leefstyl is belangrik en moedig daarom balans, oefening en gesonde gewoontes aan.
