Hours of Service
| Mon – Fri | 08h00 – 18h00 |
| Sat – Sun | 08h00 – 15h00 |
| Public Holidays | 08h00 – 13h00 |
Book Appointment
It’s now easier than ever to make an appointment with any of our doctors! Simply click on the button below, choose your doctor, date and time!
Dr Ingrid Siebrits
MB ChB (Pret)
Make Appointment
About Dr Ingrid
Ek het in die Noordelike voorstede van Pretoria grootgeword en daar gematrikuleer aan die hoërskool S.P. C.R Swart.
My grootouers en pa was almal dokters so ek het in ‘n mediese familie grootgeword.
Ek wou nooit iets anders as medisyne studeer nie en het my mediese graad aan die Universiteit van Pretoria voltooi in 1990. Ek het my internskap by die destydse HF Verwoerd hospitaal, vandag bekend as Steve Biko hospitaal, voltooi.
In November 1988 is ek met Constant Grobler getroud. Ons het twee dogters, Rochelle en Christine wat onderskeidelik in 1992 en 1995 gebore is.
Ons het in 1992 Nelspruit toe verhuis waar ek vir ‘n paar jaar by Rob Ferreira Hospitaal as mediese beampte werksaam was.
In 1996 het ek met gedeeltelike privaatpraktyk begin, maar steeds sessies by Rob Ferreira Hospitaal gedoen.
Ek het ook vir baie jare sessies by Medi-clinic se ongevalle afdeling gedoen, sowel as assistensies vir spesialiste, vernaam vir Algemene Chirurge.
Gedurende die tydperk wat ek in ongevalle gewerk het, het ek trauma en gevorderde lewensondersteuningskursusse gedoen.
Ek doen steeds sedasies vir endoskopiese prosedures vir Algemene Chirurge.
Terwyl my kinders klein was en op skool was het ek ‘n balans probeer handhaaf om genoeg tyd met hulle te kan spandeer en te help met hul skoolwerk en buitemuurse-aktiwiteite en sport by te woon. Ek het baie hulp en ondersteuning in hierdie verband van my man gekry.
In 2015 het ek voltyds by Nelmed aangesluit.
Ek het die kurses in “travel” medisyne gedoen en sodoende die lisensie verwerf om geelkoorsinspuitings toe te dien.
Ek bedryf ‘n “travel” kliniek by Nelmed waar ons onder andere geelkoorsinspruitings toedien vir mense wat na geelkoorsendemiese gebiede gaan reis. Die wet vereis dat die inspuitings 14 dae toegedien word voor vertrek na ‘n endemiese geelkoorsgebied. As deel van die Travel kliniek dien ons ook ander immunisasies by Nelmed toe wat voorkomend in sekere lande vereis word bv Hepatitis A en B, tifoiëd, meningitis. Ek kan ook leiding gee ivm watter immunisasies in alle lande vereis word.
Daar is sekere pasiente wat weens gesondheidsrisikos nie die geelkoorsinspuitings mag ontvang nie. Ons stel ‘n waiver brief op ter verduideliking waarom die pasient nie ‘n geelkoorinspruiting mag kry nie. Die brief word geteken en gestempel en word by die doane en grensposte aanvaar.
Read about our travel clinic here
